2. Verstaan jy dissipline of dink jyVerstaan jy dissipline of dink jy
dit beteken “straf”?dit beteken “straf”?
Ouerskap is die doelgerigte vorming
van jou kind se denke, besluite,
optrede, gewoontes en karakter op die
pad na selfbeheerste volwassenheid.
Ouerskap en dissipline behels soveel
meer as straf….
2
3. Sessie 1Sessie 1
Ons gesels en leer oor die wêreldse uitkyk op ouerskap
en dissipline teenoor wat God vir ons sê oor
dissipline/dissipelskap.
Die wereld maak ons mos wys dat jou kind vryheid van
keuse moet beleef om vry te wees, waar die Woord
ons leer dat jou kind die Waarheid moet ken om
werklik vry te wees.
Ons leer ook tydens hierdie sessie hoe ons optrede
(ons voorbeeld) ons kinders se gedrag beïnvloed, hoe
ons moet opdragte gee en hoe ons opleiding,
opvolgwerk (straf en belonging) en opvoeding moet
toepas.
3www.evergreenparenting.co.za
4. Sessie 2Sessie 2
Hierdie sessie leer ons verder van Norme en
Waardes. Jou kind groei gesond wanneer hulle in
vrugbare grond geplant is, die bemesting in hierdie
grond is gesonde norme en waardes. Verder leer ons
hoe om ons kinders weerbaar te maak teen die
“vuilgoed” in die lewe wat deur kanale beweeg
waaroor ons nie beheer het nie. Jy kan nie keer wat
jou kind op die speelgrond hoor of sien nie…onthou,
alle mammas en pappas het nie die gesonde
waardestelsel wat jy in jou huis het nie…is jou kind
weerbaar teen hierdie aanvalle van die Vyand? Ons
raak ook hierdie week prakties met die 5 R’re (reels,
roetine, rolle, rituele en respek).
4www.evergreenparenting.co.za
5. Sessie 3Sessie 3
Hierdie is die lekker sessie waarvoor almal altyd
wag! Die temperament (boompies) sessie. Hier
gaan ons leer van jou ingebore geaardheid, die
deel van jou wat nie aangeleer of afgeleer kan
word nie. Dit hou verband met jou
lewensdoel en jou geestelike gawes.
Natuurlik het jou kinders ook ‘n ingebore
geaardheid en hierdie sessie gaan juis daaroor om
jou te help om te identifiseer hoe jy jou kinders
moontlik anders moet hanteer word om hul
temperament in
ag te neem.
5www.evergreenparenting.co.za
6. Sessie 4Sessie 4
Hierdie sessie handel oor Gesag en hoe om
die gesagverhoudinge in jou huis te herstel.
Dit is ‘n sessie wat geweldig baie gewig dra en
as jy hierdie inhoud begryp, is jou wedstryd
halfpad gewen.
Die groot geheim is dat ons as ouers eers God
se gesag moet aanvaar voor ons kan verwag
om gesag te dra in ons eie huise.
6www.evergreenparenting.co.za
7. Sessie 5Sessie 5
Hierdie week is dit ‘n heerlike praktiese sessie
wat ons noem die “Tuin van Dissipelskap”.
Tydens hierdie sessie leer jy hoe om in enige
lewens/dissipline situasie eers rustig te raak voor
jy optree en jou self ‘n reeks vrae te vra,
byvoorbeeld: Lê die probleem nie nou eintlik by
my nie (is ek gespanne, ontsteld), of lê die
probleem dalk by ‘n eksterne faktor soos 'n koors
wat my arme kind nukkerig maak. Tydens
hierdie sessie leer jy ook hoe om ‘n “dialek” te
praat wat pas by jou kind se temperament.
7www.evergreenparenting.co.za
8. Sessie 6Sessie 6
Tydens hierdie sessie leer ons van tipes
wangedrag en hoe jy moet reageer en optree.
Jy gaan leer identifiseer wanneer jou kind
regtig hulp nodig het en wanneer dit net
manipulasie is. Jy sal tydens hierdie sessie
ook die verskil leer tussen belonings en
omkopery; afpersing teenoor straf;
komplimente teenoor erkenning en laastens
emosionele aandrywing teenoor motivering.
8www.evergreenparenting.co.za
9. Sessie 7Sessie 7
Ons sluit af met ‘n interessante sessie oor die
verskillende groeiseisoene in ons kinders se
lewens en wanneer watter gesagstyl van
toepassing is. As ons kinders nog jong
boompies is, moet ons inspring en buig, snoei
en bemes, maar wanneer ons kinders jong
volwassenes is, moet ons begin terug tree en
deur middel van gebed en vertroue opvoed.
9www.evergreenparenting.co.za
10. Sessie 8Sessie 8
Hierdie sessie is optioneel vir mammas
wat praktiese hulp benodig. Tydens
hierdie sessie kan ons koppe bymekaar
sit sou jy sukkel om jou kind se
boomsoort te plaas of as jy dalk verdere
insette benodig.
10www.evergreenparenting.co.za
11. KursusinligtingKursusinligting
EVENING COURSES
Evening courses consist of eight sessions of two hours each
18:00 – 20:00
A standard cost of R450 per person
MORNING COURSES
Morning courses consist of four sessions of four hours each
08:00 – 12:00
A standard cost of R450 per person
Morning courses planned for 2015
Kontak Hestia by 083 658 0088 of per epos by hestia.orchard@gmail.com om ‘n
bespreking te maak.
11
Course 1 Course 2 Course 3
5, 12, 19 and 26 February
5, 12, 19 and 26 March
7, 14, 21, 28 May
4, 11, 18 and 25 June
1, 8, 15, 22 and 29 October
5, 12 and 19 November
Course 1 Course 2 Course 3 Course 4
19 and 20 January
26 and 27 January
4 and 5 May
11 and 12 May
3 and 4 August
11 and 12 August
23, 24 and 30 November
1 December