More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
Gedigte by AM Niemann
1. “1 As ons
piekniek hou
op ‘n ou
lappies
kombers
onder die
geel, helder
son,
2 Sal ek vir
jou gediggies
voorlees, elke
liefdes vers,
tot daar
waar die
lente blom.
3 Wil jy dan saam
my verskeie
voedpaadjies stap
en die wêreld leer
verken?
4 Gaan ons saam,
hand aan hand,
deur die tuine
drentel todat ek
Jou hart wen?"
- Adriaan M. Niemann
2. “As ek in die melkweg vas staar en ek Jou naam in die sterre sien,
Dink jy ook aan my en wat ons altwee se harte verdien?
Wanneer ek my arms om Jou vou in die helder maanlig, duskant daai dowwe ou straatlig,
Wil Jy ook nét saam met my die ewigheid in, tussen die sterre heen, na die sekelmaan vlug?”
- Adriaan M. Niemann
3. "As ek Jou vra om langs my voor die kaggelvuur te kom inskuif?
Kan ek na die vlamme in Jou oë staar, terwyl ek jou koue hande warm vryf?
Sal Jy saam met my ‘n happie deel en ‘n goeie ou glasie rooiwyn klink?
…en as Jy my ooit eendag sou mis; aan ons tye saam en my liefde vir Jou sal dink?"
- Adriaan M. Niemann
4. "Wanneer die dag se nag aanbreek en ek vroegaand, op die
horison, die hasie in die vol maan gewaar,
Dink ek aan Jou hier langs my en mis ek die kere wat ek net
sommer in Jou glinsterende oë kon staar.
Wanneer die sterre dan by die maanlig oorneem, hier voor die
kampvuur, waar ek aan my polisie koffie uit 'n ou geroeste
blik beker sit en drink.
Wil ek hê Jy moet weet, dat ek nog van Jou droom en meer as
net gedurende die middernagtelike ure aan my liefde vir Jou
daar bo, by Liewe Jesus dink."
- Adriaan M. Niemann
5. Ou vriende. Staar deur gebreekte vensters. Vergete kennise. Afgestorwe bande. Verouderde
speelgoed, uitgerafel, fodde en flenters. Geen meer saam vat van hande. Uitgebrande kerse,
druppende was. Ongeleeste verse. Ongesêde woorde toegesluit in 'n spieëlkas. Verbrokkel
soos vallende gletsers. Begrip verstrengel in stringe kabels. Samaritaan se goedheid eindig
op in dadels. Verroeste spykers ingehammer oor ou krakende hout vloere. Ingeskroefde
boute en moere. Eensaam en koud soos kerk straat en sy hoere. Herhinneringe van ewige
liefde, verweef en behou in ou kiekies. Vals getoonde liedjies. Gesplete punte. Verwaaide
winde. Als so woes. Verwarde ape. Verdwale skape. 'n Afgesonderde plaas met sy dorre
korning oes. Boere op en gaar, maar vêr van klaar. Verworpe konings; skatte begrawe,
verlore en ongevind. Storms wat verbete aan die buite kant opsteek, sonder wind.
Weerligstrale en reën wat woed. Wel geskenk. Tog gegee. 'n Bedekte seën. Elkeen op sy eie
pad. Daar gaan hul heen. 'n Blik beker gevul met flou koffie, so bitter soet. Verbrande takke
en 'n skoorsteen versier met roet. Drome so dof, vertrap in die stof. Vir die wel en weë, niks
is ooit rêrig geleë. Op die ou end is daar tog iets daar in die buite wêreld bedoel vir die goed.
“Iets”. Ja... Dit gee weer moed.
- Adriaan M. Niemann
6. "As ek vir Jou 'n briefie skryf, moet Jy weet, elke letter en woord in ink is vir niemand
anders as nèt vir Jou bedoel.
As ek vir Jou 'n briefie skryf moet Jy weet, elke leesteken beklèmtoon presies hoe
ek vanuit die dieptes van my hart vir Jou voel.
Wanneer Jy my briefie, gepos aan Jou, ontvang, uit die koevert haal, oop vou en lees...
Wil ek hê Jy moet weet ek is lief vir Jou, daar is niks om te vrees en ek sou bitter
baie graag, nou hier by Jou wou wees."
- Adriaan M. Niemann
7. "Voor die wolke opsteek en die
donderstorm kom, sal ek vir Jou 'n
reënjas, sambreel en skuiling wees.
Maar wanneer die reën druppels wel
saggies oor Jou val, moet Jy weet dis
God se seën wat ek vir Jou wens en
nie net iets wat Jy in storieboeke lees.
Wanneer ek agter Jou aanstap, na al die reën
en ek Jou voetspore oor die reënboog volg...
Dis dan wanneer ek wil hê Jy moet weet dat ek vir Jou met meer as nét liefde sal sorg."
- Adriaan M. N iemann
8. "Ek sit hier alleen, onder ‘n ou kombers, op ‘n koue winters nag en die trane
rol sagtens oor my wang,
Voel ek die hartseer binne my en besef weereens, daar is ‘n ongekende liefde
waarna ek verlang.
Pyn opgehoop en ‘n hart nou leeg; soos gewigte aan jou voete, besef jy, jy moet
iewers aanbeweeg.
Swakheid hou jou emosies en wat jy wil sê terug, met onsekerheid vaag, hoe
beweeg Jy oor daai hout brug?"
9. Waai my t e r u g na d i e h a r t v a n d a a i k i n d , na d i e n uwe , s a am me t d i e
b ome s e v e r l e p t e b l a r e , s o i n d i e l i e f d e v a n d i e A u g u s t u s wi n d .
Di e l i e f d e k r u i p we g i n d i e o n s e k e r h e i d v a n d i e h a r t s k ame r s , d i t
maak h om e f f e n s s k r i k k e r i g e n s omt y d s ook ‘ n b i e t j i e b l i n d .
A s e k h a a r g ewa a k e e n d a g we e r r a a k l o o p , wa a r e k o o r my e i e v o e t e
s t r omp e l e n h a a r n e t d a l k o p d i e k r u i s i n g v a n my v o e t p a a d j i e v i n d ,
S a l e k h a a r mo o i o p p a s , h a a r b l i n k v r y f , h a a r e l e g a n t t o e d r a a i e n me t
‘ n r o o i l i n t v a n v r e u d e e n v e r s i e r i n l i e f d e , omb i n d .
- A d r i a a n M. Ni ema n n