2. Wanneer historici primêre bronne lees of wanneer jy jou handboek lees, lees almal op
verskillende vlakke. Terwyl historici lees, moet daar gelyktydig aandag geskenk word aan die
argument, doel, konteks, inhoud en die betroubaarheid van die leesstuk/bron. In die meeste
gevalle lees leerlinge bronne asof dit hul handboeke is. Leerlinge moet leer dat primêre
bronne ’n verskillende leesproses vereis en wat die verstaan van die hoofpunte, konteks van
die inligting asook die kritiese vrae oor die punte kan antwoord. ’n Oplossing is om die
“leesproses” in verskillende stappe in te deel om sodoende die leerlinge te help om te leer.
3. LEESSTUK EEN
Op 30 Mei 1773 breek ’n storm oor Tafelbaai los en breek die vragskip, De Jonge
Thomas se ankertoue. Die skip word na die sandbanke by die monding van die
Soutrivier gedryf waar dit strand. Die nag van 31 Mei speel ’n seedrama hom af wat
die begrip held in die volksmond verewig het. ’n Oudsoldaat en later ’n eenvoudige
boer kom te perd by die strand aan en beskou die nood en dreigende lewensverlies
van die mense op die gestrande skip.
Hy stuur doodverwagtend sy perd die golwe in en bring die drenkelinge twee-twee
uit. Met die agste poging oorval te veel mense man en perd en verdrink hulle saam.
Almal het die sestigjarige boer Wolraad Woltemade as ’n held beskou en word hy so
geëer. Die naam van sy perd het ongelukkig vergete geraak.
Die Huisgenoot, 13 Julie 1935
4. BRON 2: Dr. Dan Sleigh het vir langer as 30 jaar die geskiedenis van die VOC aan die Kaap
nagevors. Hy het die argiewe in SA, Nederland en Engeland daarvoor gebruik. In sy boek,
Die Buiteposte, skilder hy ’n totaal ander prentjie as die een waarvan in bogenoemde
skoolboek oor geskryf word.
BRON 1: “Duisende matrose het op die skepe van die VOC aan die gevreesde skeurbuik
gesterf. Die vit C van lemoene sou hul lewens kon red.” Skoolhandboek, 1989
Die Verklarende Woordeboek beskryf skeurbuik as “’n
maagsiekte as gevolg van ’n gebrek aan vars voedsel.” Dit is
egter nie ’n heeltemal akkurate definisie nie. Skeurbuik is ’n
siektetoestand as gevolg van ’n gebrek aan Vit C. Dis ’n
stadige toestand, binne 1–3 maande nadat Vit C-inname
gestop word, begin simptome verskyn. Dit hang af van
hoeveel Vit C die liggaam gestoor het. Dis egter ’n vinnig
geneesbare toestand. Met Vit C (askorbiensuur) kan lyers
binne dae weer gesond wees.
LEESSTUK TWEE
5. BRON 2
Skeepsiektes , pp. 2-6
Die omstandighede waaronder die VOC sy handel in Oosterse goedere gedryf het, het
meegebring dat skeepsverversing 'n deurslaggewende rol in sy aktiwiteite sou speel. Die
afstand tussen die Oosterse bron waar die ware gekoop is, en die afsetpunte op die
Nederlandse kus waar dit bemark of versprei is, was deur 'n seeroete van ongeveer 20 000
kilometer en 'n tydsgaping van agt of nege maande geskei. Die see, skeepsiektes, seerowers
en oorlog het skepe en hulle bemannings geteister. Die seereise het 'n hoë tol aan geld en
menselewens gewees. Die verlies was die gevolg van sterfte op see wat deur siektes,
werksongelukke, natuurrampe, misdaad en geregtelike prosesse veroorsaak is, en sterfte op
land as gevolg van bogenoemde oorsake en ook vrywillige of verpligte emigrasie.
Die mees algemene oorsaak van sterfte aan boord is as “schorbut” opgegee. Die
oorsaak van die siekte, "een siekte onder de naam schuurbuijk bekent welke sig dus
vertoonde" is daarna intensief gesoek. In ’n spesifieke geval uit 1733 is 22 simptome
beskryf, waarvan net 66 uitwendige wonde aan die vel vertoon het. Skeepsdokters moes
boekhou van die simptome wat gemanifesteer het. Here Sewentien het geen onkoste
ontsien om deur navorsing en eksperimentering die oorsaak te probeer ontdek nie.
6. Tog het die onbekende siekte met die misleidende naam “schorbut of schuurbuijk” hoe
langer hoe meer toegeneem. Dit het op al vier skofte van die seereis voorgekom, maar
verreweg die meeste op die eerste skof, tussen Nederland en die Kaap. In werklikheid was
'n verskeidenheid van siektes, uit onkunde veralgemeen tot “scorbut”, vir die groot
personeelverlies verantwoordelik. Tifus, tifoïede en voedselvergiftiging het op VOC-skepe
voorgekom. Die vergiftiging van voedsel in vate is vererger deur die lengte van die seereis,
byvoorbeeld as gevolg van 'n vaart om den noord of windstiltes in die trope.
Longontsteking, na aanleiding van werk in die ysige, nat winterweer op die vaart om den
noord, het slagoffers geëis.
Dieetsiektes, wat uit 'n gebrek aan foliensuur in die rantsoen ontstaan het, het voorgekom
waar die uitreiking gebrekkig was. Om “skeurbuik” as die enigste oorsaak van skeepsiektes
en sterftes op see te beskou, is om 'n agtiende-eeuse fout te herhaal. Voorbeelde van reise
met lae sterftesyfers blyk dit dat binneboordse epidermies, en nie 'n algemene dieetsiekte
nie, vir die meeste skeepsiektes verantwoordelik was. Die VOC was indertyd ook nie
onbekend met die waarde van vars suurlemoene in die dieet nie; op die retoervloot van
1760 wat uit 30 skepe bestaan het, is byvoorbeeld 15 200 pond (6 849 kilogram)
suurlemoene ingeskeep.
7. VLAK 1: Oorsprong en konteks te identifiseer
FASE EEN: Jy moet hier die basiese inligting oor die bron bekom en verskaf – titel ,
skrywer, plek, datum. Die inhoud is nie regtig hier so belangrik nie MAAR maar jy moet
seker maak van die inligting oor die oorsprong van die dokument.
Vir elkeen van jou antwoorde moet jy dan verder hierdie vrae beantwoord:
Waarom maak dit saak?
Hoekom is die persoon betekenisvol?
Hoekom is die datum of tydperk betekenisvol?
Hoekom is die plek betekenisvol?
Hoekom is die konteks betekenisvol?
Watter ekstra agtergrondinligting oor enige van die aspekte het ek ook bekom.
FASE TWEE: Jy moet bepaal wat die inligting wat jy nou bekom het se invloed op die
konteks van die bron kan hê.
NB: Elkeen van die aspekte kan ’n groot invloed op die konteks hê!!!!
8. VLAK 2: Begrip
FASE EEN: Die liggaam van die teks is in hierdie vlak ter sprake. Jy moet teks nou
noukeurig lees en teken die hoofgedagtes aan en maak sin van wat die skrywer wil sê.
Onderstreep die sin of frase wat die hoofgedagte van die skrywer is. Moenie nou jou
steur aan woorde wat jy nie verstaan of dele van die teks wat jy nie goed verstaan nie.
Moenie ophou lees omdat jy dele nie verstaan nie. Die punt hier is om die belangrikste
idee van die bron/artikel te bepaal, want dit gaan jou help om sin te maak van die
moeiliker of subtiele dele daarvan.
Bespreek jou sieninge van die hoofgedagte met ’n maat/ouer en/of jou fasiliteerder.
Bespreek die meriete en probleme met elke keuse.
Probeer om konsensus oor die groot idee om te kom.
Onderskei verder die belangrikste argument, dit is dikwels moeilik, maar die proses van
worstel met verskillende sieninge is die moeite werd.
9. FASE TWEE: Teken nou aan wat jy van die bron/gedeelte dink –
in terme van genre, is dit 'n oortuigende toespraak, 'n private
brief, of 'n koerantberig?
In terme van inhoud, is dit duidelik of verwarrend?
Is die woordeskat te moeilik of is die historiese verwysings
onverstaanbaar?
Wie is die gehoor vir die dokument?
Bespreek moeilike gedeeltes of verwysings met jou maat/ouer
of fasiliteerder.
Dikwels, wanneer jy die hoofgedagte snap van 'n primêre
dokument, word die meer moeilike gedeeltes, makliker vir jou
om te interpreteer.
VLAK 2: Begrip
10. VLAK 3: Argument
FASE EEN: Lees die “liggaam” van die teks aandagtig deur. Hoe word die
argument – hoofgedagte van die skrywer gebou?
* Watter bewerings maak hy of watter bewyse of voorbeelde gebruik hy
om sy sieninge/hoofgedagte te ondersteun of wat geloofwaardigheid aan
sy argument verleen?
* Jy moet enige ondersteuning (stellings, bewyse of voorbeelde) vir die
argument onderstreep.
* Skryf verder in die kantlyn presies oor die gedeelte jou eie mening
daaroor neer.
* Bepaal verder of dit sterk of swak standpunte is?
* Is dit logies en geloofwaardig?
* Is daar ander bewyse wat jy gelees het wat die skrywer se standpunt
weerspreek?
NB Jy moet besef dat die meeste primêre dokumente gebruik word omdat
daar argumente opgesluit is vir historici en dat jy dit moet verstaan om dit
verder te ondervra vir logika en geloofwaardigheid.
FASE TWEE: Bespreek jou bevindings met jou maat/ouer of fasiliteerder.
Bepaal wat is die ondersteunende verklarings, en watter ondersteunende
stellings sterk is?
11. VLAK 4: Lees soos ’n historikus
Lees die teks vir ’n finale keer deur. Gebruik nou al die
materiaal wat jy al saamgestel het oor die bron:
i] vlak 1 om argumente en bewyse te hanteer
ii] vlak twee die uitvra en
iii] vlak drie vir die ondervra
Skryf jou antwoorde in die kantlyn.
* Watter vooroordele en/of perspektiewe vind jy in die
dokument?
* Hoe is die argument van die skrywer gevorm?
* Watter invloed het die datum van die dokument op
die argument daarvan?
* Gegewe die plek en gehoor van die dokument, hoe
word die argument gevorm om doeltreffend te wees?