1. DEEL 2
“ Maak gereed die Koning kom!”
‘n Geestelike reis van Egipte na Kanaan
2. Die mense wat saam met ons in Egipte (die verlore wereld) woon is mense
wat nie noodwendig „n keuse vir of teen die God van Israel gemaak het nie . . .
Die inwoners van Gosen (Joodse gebied) glo nie almal in dieselfde God nie,
want baie van die volk het so deur die jare die gode van Egipte begin aanbid. . .
3. Sommige van hierdie „afgodbeeld aanbidders‟
woon in ons huise, omdat hul met Israeliete getroud is. . .
Net soos wat daar vandag in elke gesin mense van verskillende
geloofsoortuigings „n lewe onder een dak maak . . .
4. Hierdie mans en vroue word saam met ons teen die sprinkane & steekvliee beskerm
wat Egipteland tref, net omdat hulle met mense getroud is wat die Almagtige dien en aanbid
Op dieselfde wyse laat God vandag nog die son skyn oor hulle wat Hom dien
sowel as die mense wat doelbewustelik teen Hom in opstand kom
Almal werk elke dag hard saam daaraan om stene vir Farao te maak!
net soos wat ons elke dag hard werk en swaar kry onder die aanslae van die satan
5. Alle mense kan die verlore wereld van Egipte verlaat , maar elkeen wat begeer om vrygemaak te
word van slawerny & afgodediens moet God se voorskrifte noukeurig nakom . . .
Jy sal nooit op jou eie uit die hand van Farao (satan) vrykom nie!
6. GOD HET DUIDELIKE VOORSKRIFTE WAT JY MOET VOLG OM GERED TE WORD
“ Ek is die HERE, Ek sal jou onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei
en jou red uit slawerny, Ek sal jou verlos deur ‟n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte . . . “
7. 1. ‘n Lam moet sterwe
Die God van Abraham, Isak & Jacob gee „n duidelike opdrag aan Moses & Aaron
dat elke gesin „n Lam moet uithou wat sonder gebrek is. . .
Die Alomteenwoordige is baie spesifiek in Sy opdrag dat die vleis
met bitterkruie gegeur en oor die kole gebraai moet word
8. 2. Geur die Lam met bitter kruie
Bitter kruie herinner aan die dwangarbeid in Egipte, die vernedering en
magteloosheid om in geestelike en fisiese slawerny vasgekeer te wees . . .
Dit herinner ook aan die sonde van „n volk wat eens op „n tyd die God van Israel
gedien het, maar nou agter die gode van Egipte aan hoereer
Verder verwys die bitter kruie na die smart & pyn
wat Jeshua moes ly om so die straf te dra vir sondes
9. 3. Geen gis mag in die deeg gemeng word nie
Suurdeeg herinner aan sondes in ons lewens wat die potensiaal het om te groei,
groter sondes te word en uit te rys in ons lewens soos gis in deeg!
“ Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle „n
nuwe deeg kan wees soos julle inderdaad
ongesuurd is – want ook ons Paas Lam is vir
ons geslag, naamlik Jeshus die Christus . . .
“Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg
of met die suurdeeg van ondeug & boosheid
nie; maar met die ongesuurde brode van
reinheid & waarheid . ..
Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet; al reeds op die eerste dag
moet die suurdeeg uit jou huis verwyder word - Exodus 15:7
As jy verlossing wil he, ondersoek jouself vir alle ongeregtighede &
verwyder alle sondes & ongeregtighede uit jou midde . . .
10. 4. Slag die Lam en smeer die Bloed
Op die aand van die veertiende moet die lam geslag word . . . Die bloed daarvan moet aan die
deurposte van die huise gesmeer word waar die offer vleis geeet gaan word . . .
Die bloed sal vir jou „n teken wees aan die huis waarin jy is:
“ As Ek die bloed sien, se God, sal Ek by jou verby gaan!
En daar sal geen verderflike plaag onder jou wees wanneer Ek Egipteland tref nie.” Exodus 12:13
11. As jy gered wil word van die dood en swaar hand van satan:
1
Identifiseer die sonde wat Jeshua
1. Geur die Lam
met bitter kruie aan die Kruis vasgenaal het, erken
dat jy verkeerd was, bely dit voor
God om vergifnis te kry
2
Verwyder hierdie sondes en
2. Geen gis in die ongeregtigheid uit jou lewe deur
deeg gemeng
op te hou om dit te doen
3
Neem Jeshua die Christus as jou
3. Slag die Lam en Verlosser aan en word gered uit
smeer die Bloed „n lewe van sonde en swaarkry
onder die satan
Hierdie voorskrifte van God moet vandag nog gevolg word
wanneer jy Hom aanroep om jou van die ewige dood te red
12. Diere moes instaan vir die sondes van die mens, maar . . .
in die offers is daar jaar na jaar „n herinnering aan die sondes; want die bloed
van stiere & bokke kan onmoontlik die sonde wegneem - Hebreers 10:3-4
Brandoffers & sondoffers het U nie
behaag nie. . . Toe het Ek gese: Kyk, Ek
kom – in die boekrol is dit van My
geskrywe – “ Kyk, Ek kom om U wil te
doen, o God. Ek neem die eerste weg
om die tweede te stel”. . .
Hebreers 10: 5 ens.
Jeshua die Christus kom na die aarde om eenmaal te sterwe sodat dit nooit
weer nodig sou wees om diere te offer, maar ons sondes vir ewig
op Hom te neem sodat ons vir altyd met God versoen kon word
Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus.
Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word - Hebreers 10:14
WORD VERVOLG . . .