Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Koerantberig Top 20
1. Posted in By Editor On January 17, 2013
Anica onder Wes-Kaap se toptwintig
VIR Oudtshoorn se toppresteerder in die 2012-matriekeindeksamen was haar matriekjaar
voorwaar ’n jaar vol opwinding.
Anica Potgieter pas nadat sy haar matriekuitslae op Donderdag, 3 Januarie, by die Hoërskool
Oudtshoorn ontvang het saam met haar trotse ouers, mnr Joey en me Ria Potgieter.
Anica Potgieter, hoofmeisie van die Hoërskool Oudtshoorn, het die jaar nie net afgesluit as
een van die Wes-Kaap se 20 toppresteerders nie, maar ook die jaar met ’n hoogtepunt begin
toe sy as een van twaalf hoërskoolleerders vanoor die wêreld gekies is om in die Junior
Adviserende Raad (JAB) van die IE Universiteit van Spanje te dien. Sy het in Maart verlede
jaar daarvoor na Madrid in Spanje gereis.
Anica is ook in 2012 aangewys as een van vyf topmatrikulante in die Universiteit
Stellenbosch en Jip se kompetisie om Suid-Afrika se topmatrikulant te vind.
Sy was die derde jaar ná mekaar die wenner van die George-kuns-eistedfodd en onderkaptein
van die eerste meisiehokkiespan.
2. Anica, wat ’n gemiddelde punt van 93,9persent behaal het, spog met onderskeidings in
Afrikaans Huistaal, Engels Huistaal, wiskunde, visuele kunste, ontwerp, lewensoriëntering en
toerisme.
Sy sê sy is baie opgewonde oor haar universiteitslewe wat voorlê. Sy gaan BComm
Bestuurswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch studeer en wil daarna spesialiseer in
bemarking, entrepreneurskap en innovasiebestuur.
“Ek gaan kuns die meeste mis, maar ek sien uit na die nuwe uitdagings wat voorlê. Ek sal
graag op universiteit ook ’n goeie balans wil handhaaf,” sê sy.
Anica is die dogter van mnr Joey en me Ria Potgieter wat in die distrik boer.