Gedurende Augustus val die kollig van KANSA (Die Kanker Vereniging van Suid-Afrika) op dienslewering aan kankeroorwinnaars, versorgers en geliefdes en daar word in besonder gekyk na die hantering van ‘n diagnose sowel as die hantering van newe-effekte van kankerbehandeling – hetsy van fisiese of sielkundige aard.
Lees meer:
https://www.cansa.org.za/cansas-top-dietary-tips-for-survivors/
KANSA Sorgmaand 2018 - Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
1. KANSA Sorgmaand
#CANSAcares
2018
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
English
Xhosa, Zulu,
Afrikaans072 197 9305
071 867 3530 Sotho, Siswati
2. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Gedurende Augustus val die kollig van KANSA op dienslewering op
kankeroorwinnaars, versorgers en geliefdes en daar word in
besonder gekyk na die hantering van ’n diagnose sowel as die
hantering die newe-effekte van kankerbehandeling – hetsy van
fisiese of sielkundige aard
KANSA deel top wenke aangaande die algemene newe-
effekte wat verband hou met voeding van die pasiënt
sowel as voedsame en bekostigbare resepte vir pasiënte
wat behandeling ondergaan
Verdere dieetwenke aangaande die hantering van
hardlywigheid, naarheid, diarree en verlies aan eetlus is
ook beskikbaar
KANSA moedig kankerpasiënte ook aan om die raad
en leiding van professionele gesondheidpraktisyn
in te win vir individuele raad, hulp en leiding
Hantering van ’n kankerdiagnose
3. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Naarheid
Hierdie algemene newe-effek kan met medikasie (antiemetika)
behandel word. Die medisyne word gewoonlik voor behandeling
toegedien om te help om naarheid en braking te beheer
Dit is belangrik om die rede vir jou naarheid te ondersoek –
behandeling, die kanker self, probleme met jou tande of dalk ’n
verandering in suikervlakke
Soms kan naarheid ook veroorsaak word as jy baie
honger is. Lig die mediese span wat jou kanker
behandel in as jy naarheid en/of braking ondervind
want daar is medikasie wat daarvoor kan help
Die algemene beginsel vir die hantering van naarheid
is ’n eenvoudige, matige en neutrale dieet
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
4. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Naarheid
Eet en drink klein en gereelde maaltye en versnaperings
(5-6 keer per dag)
Rus in ’n regop posisie nadat jy geëet het
As jou maag te vol is, kan dit naarheid veroorsaak en vererger
Drink stadig en gereeld tussen maaltye, nie tydens maaltye nie
Suig bevrore sap in die vorm van ysblokkies
Vermy vetterige en olierige kossoorte
Kry iets om te doen om jou aandag af te lei
Vra iemand anders om die kos voor te berei
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
5. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Naarheid
Probeer gemmer-/ment tee, limonade, gemmerlimonade of kos
gekook met gemmer
Probeer om koue kosse soos jellie of nagereg in plaas van warm kos
te eet
Suig peperment- of suurlemoenlekkers as jy ’n slegte smaak in jou
mond het. Dit kan ook help om aan donker sjokolade te lek of te
suig
Dra klere wat los pas
Vermy kafeïen (bv. koffie) en moenie rook nie
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
6. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Verlies aan eetlus
Verlies aan eetlus is ’n baie algemene probleem
Daar is baie redes hiervoor – kanker self, behandeling, jou
emosionele welsyn bv. depressie, pyn en ander newe-effekte soos
naarheid
Daar is medikasie beskikbaar om eetlus te bevorder, maar
raadpleeg eers jou gesondheidspraktisyn vir individuele raad
Probeer om meer te eet as jy daarvoor kans sien
en terwyl jy goed voel. Baie mense kan meer vir
ontbyt eet as gedurende enige ander maaltyd later
die dag wanneer hulle moeg is
Doen gereelde ligte oefening bv. stap
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
7. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Verlies aan eetlus
Eet stadig en kou jou kos goed
Eet kos waarvoor jy lus is en moenie jouself forseer om te eet nie
Indien jy tans behandeling ondergaan of jou immuniteit laag is kies
eerder kos wat goed gaar is (vermy rou vleis en sushi)
Vermy olierige en vetterige kos wat jou vinniger versadig maak en
wat nie so voedsaam is nie
Vergroot jou porsies kos stelselmatig met elke maaltyd
Versap jou kos, drink mengeldrankies soos
“smoothies”/melkskommels word gewoonlik
makliker getolereer
Drink vloeistowwe na afloop van ’n maaltyd en
nie tydens
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
8. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Verlies aan eetlus
Drink gereeld ’n voedingaanvulling wat jou sal help om jou inname
van proteïne en energievlakke te verhoog. Praat met jou
professionele gesondheidpraktisyn vir individuele raad
Vra vir jou dokter of jy wyn of sjerrie voor ’n maaltyd kan drink om
eetlus te stimuleer
Donker sjokolade kan ook eetlus stimuleer
Eet in ’n kalm, gemaklike atmosfeer
Vra vir hulp om kos voor te berei en te kook
Kook genoeg kos en vries, om later te ontvries en
te verhit
Onthou om gereeld te sorg dat jy jou mond
higiëne skoon hou
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
9. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Diarree
Diarree is die gereelde ontlasting van los stoelgang (nie gevorm nie
en waterig) - meer as drie keer per dag. Die kos beweeg te vinnig
deur die dermkanaal en kry nie die kans om verteer of
geabsorbeer te word nie
Wanneer jy kankerbehandeling ondergaan, kan newe-effekte soos
braking of diarree tot dehidrasie lei. Infeksies, hoë koors, bloeding
of bloot die beperking van die inname van vloeistowwe kan ook
dehidrasie veroorsaak
Dehidrasie is ’n ernstige siektetoestand en kan
lewensgevaarlik wees as dit nie behandel word nie
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
10. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Diarree
In die geval van akute diarree – ’n siektetoestand wat normaalweg
vir minder as twee weke voorkom – kom die simptome skielik voor
maar dit klaar gewoonlik op binne 5-10 dae
Kroniese diarree is diarree wat vir langer as vier weke voortduur
Indien jy vermoed dat jy kroniese diarree het, raadpleeg jou
professionele gesondheidpraktisyn. Medikasie mag nodig wees,
maar die riglyne oor die korrekte en ’n gesonde dieet bly dieselfde
Ander faktore wat tot diarree kan lei, is o.a.
sensitiwiteit ten opsigte van sekere kossoorte,
depressie, angstigheid, infeksie, te veel suiker
en laktose onverdraagsaamheid
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
11. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Diarree
Totale onthouding van voedsel word nie aanbeveel nie
Kos teen kamertemperatuur is meer hanteerbaar
Neem gereelde slukkies deursigtige vrugtesappe, sportdrankies,
swart tee, gaskoeldrank waarvan gas verslaan het en suigysies. Drink
vloeistowwe tussen maaltye
Sagte en maklik verteerbare kossoorte (piesangs, appelmoes of
appelsous, rys, aartappels, noedels, kraakbeskuitjies, roosterbrood, sop)
word gewoonlik makliker hanteer
Eet kleiner porsies kos meer gereeld
Suiwelprodukte behoort vermy te word. Probeer om
melk en joghurt sonder laktose te gebruik of sojamelk
omdat diarree intoleransie vir laktose kan veroorsaak
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
12. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Diarree
Olierige of vetterige kossoorte soos gebraaide kos, souse asook
slaaisouse en kos wat baie sterk spesery bevat mag dalk nie goed
akkordeer nie
Kalium is ’n belangrike mineraal vir die liggaam, probeer om soveel as
moontlik kossoorte te eet wat ryk in kalium is (ryp piesangs, avokado’s,
appelkose, perskes en aartappels)
As jy krampe kry, moenie iets eet of drink wat gas kan veroorsaak
soos gaskoeldrank, bier, gedroogde bone (peulgewasse),
kool, broccoli, knoffel, blomkool, sterk gegeurde
kossoorte, kos met speserye en kougom
Vermy kossoorte of sappe wat natuurlike lakseer-
middels is (pruimedante en -sap)
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
13. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Diarree
Eet kos wat goed gaar is, sagte vleissnitte soos dun gesnyde en sagte
beesvleis wat gebak of gerooster is, lamsvleis, lewer, varkvleis, sowel
as hoender, vis en grondboontjiebotter
Vermy pitte of die skille van vrugte en groente, brood en -rolletjies
wat sade bevat – ook kossoorte waarin volkoringsade, neute en
gedroogde vrugte
Wees versigtig vir produkte wat kunsmatige versoeters soos sorbitol
en xylitol bevat
Tuisgemaakte rehidrasie oplossing
Oplossing van ½ teelepel sout, 8 teelepels suiker wat opgelos word in 1 liter
kookwater. Laat water afkoel en drink 125–250 ml na elke los stoelgang.
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
14. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Hardlywigheid
Ongelukkig kan baie pynstillers hardlywigheid veroorsaak. Stoelgang
is hard en soms moeilik om uit te skei
Stres kan hardlywigheid veroorsaak. Vrees vir pyn en ongemak
wanneer jy toilet toe gaan, kan die probleem van hardlywigheid
vererger
Wanneer jy hardlywig is en te hard druk kan dit tot aambeie lei
Hardlywigheid kan ook veroorsaak word as jy vir te lank ’n
aangepaste dieet (bv. dieet wat slegs uit vloei-
stowwe bestaan) volg omdat jy nie genoeg vessel
inneem nie
Gebrek aan fisiese oefening kan ook bydra
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
15. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Hardlywigheid
Drink ten minste 6–10 glase water per dag
Volg ’n dieet ryk aan oplosbare en onoplosbare dieetvesel (vars vrugte
en groente met skil en al, volkoring brood, gedroogde boontjies en lensies,
gedroogde of gestoomde droë vrugte, bv. pruimedante en/of
pruimedantsap, bruin rys, hawersemels en hawermout)
Vra jou professionele gesondheidpraktisyn of middels wat stoelgang
versag, geskik is vir jou
Eet op gereelde tye en probeer om jou fisiese
aktiwiteit te verhoog indien moontlik
Vars vrugte en groente “smoothies” is ook ryk aan
dieetvesel
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
16. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Hardlywigheid
As jy ’n dieet volg wat ryk is aan vesel en jy drink nie genoeg water nie,
kan jou hardlywigheid erger word
Vermy kafeïen in die vorm van tee en koffie. Omdat kafeïen ’n diuretiese
effek het, kan dit hardlywigheid vererger. Rooibostee* is ’n kafeïen-vrye
opsie
Volg ’n roetine om gesonde en gereelde ontlasting te verbeter. Moenie
vir te lank op die toilet sit nie en moenie te hard druk nie
Raadpleeg ’n geregistreerde dieetkundige vir raad oor
voedingaanvulling wat geskik is vir jou. Vra vir
aanbeveling oor watter aanvulling jou energievlakke sal
verhoog en wat ryk aan proteïne en vesel indien benodig
Hantering van kankerbehandeling newe-effekte
KANSA se Top Dieet Wenke
* Raadpleeg asseblief jou gesondheidpraktisyn vir individuele raad
17. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Ons KANSA Sorgsentra bied holistiese sorg en ondersteuning aan jou
en jou geliefdes, vanaf diagnose, deur alle fases van behoefte:
Ondersteuningsgroepe
Individuele berading
Mediese leentoerusting
Borsprostese & pruike
Akute en kroniese wondversorging
Stomasorg
Voedingaanvullings
Gemeenskap gebasseerde
kankersorg programme
KANSA sorgtuistes
KANSA TLC, sorg vir kinders,
tieners & families
KANSA aanlyn ondersteuning
aan oorwinnaars
Feiteblaaie & hanteringsgids
Meertalige inligtingsdiens en
WhatsApp lyne
Hoe KANSA ’n verskil maak
18. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Wat kan jy doen om te help?
Om KANSA te help om ons ondersteuningsdienste
uit te brei, oorweeg dit asseblief om ’n skenking
by enige van ons KANSA Sorgsentra landswyd te maak
of Aanlyn by
http://www.cansa.org.za/personal-donation-options/
of maak ’n donasie deur SnapScan of Zapper
op jou slimfoon:
19. www.cansa.org.za
Tolvry 0800 22 66 22
Vrywaring:
Terwyl die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) elke voorsorgmaatreël getref het
met die samestelling van hierdie aanbieding, kan dit of enige bydraer(s)
tot hierdie aanbieding nie verantwoordelik gehou word
vir enige optrede (of die gebrek daaraan) wat deur enige
persoon of organisasie waarookal hulle gebaseer is,
as 'n gevolg, direk of andersins, van inligting vervat in,
of bekom is deur middel van hierdie aanbieding.
KANSA Sorgmaand