SlideShare une entreprise Scribd logo
1  sur  23
My alles vir jou . . .
Die Bybel bestaan uit 2 dele: Die Ou Testament & die Nuwe Testament . . .


                      “Testament” in Latyn is “Testamentum”
        In sy mees korrekte vorm, word dit met die woord “Verbond”vertaal

Ons sou dus kon sê dat die Bybel bestaan uit die Ou Verbond & Nuwe Verbond

             “Verbond” in Hebreeus is “Berith” en in Grieks “Diatheke”
                         Dit beteken letterlik: “om te sny”
Die “sny” van ‘n bloedverbond behels dat daar bloedvloeiing plaasvind

In die Skrif sien ons hoe God met beelde en gelykenisse iets uit die bekende of natuurlike
            wêreld neem, om later ‘n geestelike betekenis daaraan te koppel. . .
Die Ou Testament is vir ons ‘n heenwysing na die nuwe Testament
      Dit verwys na die verlossingsplan wat God in gedagte gehad het. . .

Om die volle betekenis van die nuwe verbond te verstaan, is dit nodig om in die
          Ou Testament te kyk hoe verbondsluiting plaasgevind het

                                                       ‘n Baie goeie voorbeeld van
                                                       ‘n bloedverbond uit die Ou
                                                       Testament, was tussen
                                                       Dawid en Jonatan

                                                       Uit liefde vir mekaar het
                                                       hulle ‘n lewenslange
                                                       ooreenkoms met mekaar
                                                       aangegaan

                                                       Hiermee het hul beloof om
                                                       nie net na mekaar om te
                                                       sien nie, maar ook vir
                                                       mekaar se nageslagte
                                                       verantwoordelikheid te
                                                       aanvaar - 1 Sameul 18
Wat is ‘n Bloedverbond?
‘n Daad waardeur twee partye in ‘n lewenslange versoeningsooreenkoms met mekaar tree

       Hierdie beginsel van ooreenstemming het groot krag in die geestesrealm . . .
                                                     Die Bloedverbond is die
                                                     intiemste, Langdurigste, Ernstigste;
                                                     en Heiligste van alle ooreenkomste op
                                                     aarde . . .



                                                     • Dit mag nooit verbreek word nie
                                                     • Verbreking is strafbaar met die
                                                       dood. . .
In die Bybel se tyd het die sluiting van ‘n bloedverbond uit 9 stappe bestaan

        Nêrens in die Skrif word die 9 stappe in volgorde beskryf nie


Ons vorm ‘n prentjie van die verloop van die proses deur na die verskillende
           voorbeelde van verbondsluiting in die Skrif te kyk . . .
Die prosedure van die verbondsluiting soos in die Ou Testament

                    Omruiling van die bo-kleed
‘n Persoon se bo-kleed verteenwoordig sy karakter en persoonlikheid
      Met die omruiling van die kleed, gee die persoon homself
  as waarborg dat hy met die ander persoon in ooreenkoms gaan. . .




                                                 1 Sam. 18:4

                                                 Daarby trek Jonatan sy mantel
                                                 uit wat hy aangehad het & gee
                                                 dit aan Dawid, ook sy
                                                 klere, ja, selfs sy swaard & sy
                                                 boog & sy gordel . . .
Omruiling van gordel
‘n Persoon se wapens (dolk, boog en pyle, swaard) is aan sy gordel gedra
 Met uitruiling verseker hulle mekaar van hul sterkte en ondersteuning
    Hulle onderneem om mekaar te beskerm, sou een aangeval word


                                          1 Sam. 20:8 en 15
                                         Dawid se aan Jonathan
                                         (Koning Saul se seun): “Bewys dan guns
                                         aan jou dienaar, want jy het my met jou
                                         saam in ‘n verbond van die Here gebring:
                                         As daar by my ‘n misdaad is, maak jy my
                                         self dood, waarom tog sou jy my na jou
                                         vader bring?

                                         Jonathan aan Dawid:
                                         Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns
                                         onttrek nie; wanneer die Here jou vyande
                                         een vir een van die aarde af uitroei nie
Sny die verbond

'n Dier word in 2 dele gesny en die 2 dele word soos ‘n spieëlbeeld teenoor mekaar gestel. . .
              Die 2 persone wat die verbond sny, stap tussen die dele deur . . .
Hiermee sê die verbondspartye aan mekaar dat hulle geen reg op hul eie lewens meer het nie
              Hulle neem ‘n nuwe lewe van opoffering teenoor mekaar op. . .


 Indien die verbond verbreek word, kan daar met hulle gemaak word soos met die diere. . .


                                                             Genesis 15 : 10

                                                             Abram het alles vir God
                                                             gebring & dit middeldeur
                                                             gedeel & die helftes teenoor
                                                             mekaar gele . . .
Meng van bloed

             Ewige trou word aan mekaar gesweer
             deur die regterhandpalm of polse te
             sny. . .

             Die bloed word gemeng.

Omruil van name

             Twee partye ruil hul name om

             Hiermee ruil hulle hul outoriteit en
             reputasies uit
             Toe God met Abram ‘n verbond gesluit
             het, het Hy Abram se naam verander. . .
             Hy het Sy eie naam, Jehowa, by die
             naam van Abram gevoeg, wat toe
             Abraham geword het. . .
             God word genoem die God van
             Abraham, Isak en Jakob. . .
Maak litteken
     Houtskool of as word in die wond ingevryf om ‘n
     permanente litteken te maak.
     Die littekens wat ‘n persoon dra maak dat hy ‘n
     gevreesde en gerespekteerde man is deur almal
     wat sy pad kruis
     Verbondsluiting is iets wat ‘n natuurlike instink
     by die mens is. Daar is nie een stam in die
     wêreld wat nie bloedverbonde ken of sluit nie
     God het ‘n verbond gesluit met Abraham en die
     besnydenis gegee as ‘n teken of seël (Rom. 4:11)
     van die verbond (Gen. 17).

Voorwaardes
    Die voorwaardes van die verbond en wat dit
    behels, word uitgespel. Beide partye se bates en
    laste word uitgelees. . .
    Nadat Jonatan gesterf het, het Dawid hom, op
    grond van sy verbond met sy pa, Dawid, oor
    Mefiboset , seun van Jonathan ontferm. -
                                          - 1 Sam. 9
Maaltyd

              Aan die einde van die verbondsluiting
              word daar brood en wyn saam geëet.
              Dit dien as simbool van hul deelname
              aan mekaar. . .


Gedenksteen


              ‘n Gedenksteen word opgerig of ‘n
              boom word geplant

              Abraham het ‘n verbond gesluit met
              Abimeleg volgens Genesis 21:33, en ‘n
              tamarisk geplant

              Die bloed van die dier word dan
              daaroor gesprinkel . . .
God sluit ‘n bloedverbond met die mens
            Met die sondeval het daar ‘n skeiding gekom tussen God en die mens


In Genesis 3:15 het ons gesien dat God ‘n belofte maak dat Hy die verhouding weer sou herstel

    Op die pad van herstel, het God eers in ‘n vertrouensverhouding gekom met Abraham
                          Hy het Abraham ‘n groot nageslag beloof



                                                       In Gen. 15 het ons gelees hoe
                                                       Abraham aan God vra hoe hy sou
                                                       weet dat God al die beloftes sou
                                                       nakom?

                                                       God het Sy betroubaarheid bewys
                                                       deur ‘n verbond met Abraham te sluit

                                                       Hierdie verbondsluiting word in
                                                       Genesis 15:9-18 beskryf
God het egter met ‘n baie ongewone versoek na Abraham gekom
Volgens Genesis 22:2 versoek God Abraham dat Isak geoffer moes word
             Abraham het in ‘n verbond gestaan met God
  Dit het geïmpliseer dat Abraham nie God se versoek kon weier nie
 Dit het verder behels dat alles wat Abraham aan sy verbondsvennoot
             moes gee, ook deur God gegee moes word . . .


                                     God het vir Abraham sy kosbaarste
                                     besitting gevra: sy enigste seun
                                     Volgens verbondsvoorwaardes het
                                     Abraham geweet dat dít wat God van hom
                                     sou vra, God self ook bereid was om te
                                     gee: Sy enigste Seun!
                                     Abraham se gehoorsaamheid aan God het
                                     dit vir God moontlik gemaak om Sy enigste
                                     seun te offer!

                                     Abraham het, namens die mensdom, aan
                                     God die reg gegee om Sy Seun te
                                     gee, sodat daar versoening tussen God en
                                     die mens bewerkstellig kon word. . .
Abraham sou Isak offer op die berg Moria buite die ou stad Salem. . .

      Dit is op feitlik dieselfde plek waar Jesus ongeveer 2000 jaar later geoffer is. . .
God het ‘n ram voorsien om in die plek van Isak geoffer te word. God het hier ‘n belangrike
 beginsel van plaasvervanging kom vestig: ‘n Dier is geoffer in die plek van iemand anders

                                                      Die Israeliete wat vir 430 jaar in
                                                      slawerny in Egipte was, het baie swaar
                                                      gekry . . . En toe het hulle God herinner
                                                      aan Sy verbond met hul voorvader
                                                      Abraham:

                                                      In daardie tyd het die koning van Egipte
                                                      gesterwe & die kinders van Israel het
                                                      gesug & geweeklaag vanwee die
                                                      slawerny & God het hulle gekerm gehoor
                                                      & God het gedink aan Sy verbond met
                                                      Abraham, met Isak & met Jakob & God
                                                      het hulle geken . . .
                                                                               Eksodus 2:23-24

                                                      Daarna het God Moses geroep om Sy
                                                      volk uit te lei. . .
God het Homself op wonderlike wyse aan die volk by die berg Sinaï geopenbaar (Eks. 19:18-20)

    Hy het aan die volk wette gegee (Eks.20-23) en weer ‘n verbond met die hulle gesluit
                                                                                  Eks. 24:7-8

                                                  Saam met die gee van die wette, het God
                                                  ook ‘n beeld van Sy volmaakte
                                                  verlossingsplan aan hulle bekendgestel

                                                  Hulle het in opdrag van God die
                                                  tabernakel gebou, wat ‘n volmaakte
                                                  heenwysing na Jeshua was. Jeshua is die
                                                  Lam wat geoffer is om as versoening te
                                                  dien tussen God en die mens. . .
                                                  Jeshua het namens die mensdom die
                                                  nuwe verbond met God kom sluit.

                                                  Ons kan in elkeen van die 9 stappe van die
                                                  verbond sien wat die voordele is wat
                                                  hierdie volmaakte verbond vir ons inhou
Nuwe verbond

Omruil van klede
   Jes. 64:6 Ons het almal geword soos ‘n onreine & al ons geregtighede soos ‘n besoedelde
   kleed; ons het almal verdor soos blare & ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die
   wind.
   Jesus het ons ongeregtighede soos ‘n besoedelde kleed op Hom geneem.
   Jes. 61:10 Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die
   klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel soos ‘n bruidegom wat priesterlik
   die hoofversiersel ombind & soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele
   Efe 4:22-23 Wat jul vorige lewenswandel betref, moet julle die oue mens afle, wat deur die
   begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan. Word vernuwe in die gees van julle
   gemoed & beklee julle met die nuwe mens wat na God geskape is in ware geregtigheid &
   heiligheid.
   Kol 3:10 Le die oue mens met sy werke af & beklee jul met die nuwe mens wat vernuwe
   word tot kennis na die beeld van sy Skepper
    Ons beklee ons met die nuwe mens = geregtigheid en heiligheid (Kol. 3: 12-14, Gal. 3:27).
   Rom 13:14 = beklee met Jesus. Ons neem Sy natuur en karakter aan.
Nuwe Verbond
Omruil van gordels
   Ons ontvang Sy krag en sterkte. Efe 3:16-17 Dat God aan julle mag gee na die rykdom van
   Sy heerlikheid om met krag versterk te word deur Sy Gees in die innerlike mens; sodat
   Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel & gegrond
   is
   Ons ontvang die krag van die Heilige Gees. Hand. 1:8. Maar julle sal krag ontvang wanneer
   die Heilige Gees oor julle kom
   Ons ontvang die volle wapenrusting: Ef. 6. Eindelik my broeders, word kragtig in die Here &
   in die Krag van Sy sterkte.. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan
   bly teen die liste van die duiwel

Sny die verbond
     Jesus het die Lam geword (Joh. 1:29) wat geoffer is. Hy het ons oortredinge op Hom
     geneem. Jes. 53:4-5, Rom. 4:25, 1Pet. 2:24.
     Jesus het die verbond namens ons gesny. Hoe maak ons dit ons s’n? Deur geloof in Jesus.
     (Kol. 2:9-11).
Meng die bloed
Deur bloed te meng, word twee lewens een. Hulle neem mekaar se natuur aan. Wanneer
ons tot die verbond toetree deur wedergeboorte, word ons kinders van God:
Rom. 8:15-17 “...maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons
roep: Abba, Vader!. Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is, en
as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van
Christus...”
As kinders van God, kan ons nou ons erfenis in Christus ervaar.

                                    Omruil van name

                                          Jesus noem ons Sy vriende. Joh. 15:14-15.
                                          Hy het ‘n Naam bo elke naam: Fil. 2:9-11.
                                          Jesus is verhewe bo elke mag en krag: Ef. 1:20-
                                          23.
                                          Ons word aangemoedig om Sy Naam te
                                          gebruik: Joh. 14:13, 15:15-16.
                                          Ons ontvang Sý reputasie en outoriteit (Ons
                                          kan dus in Sy Naam storms stilmaak, berge
                                          skuif, demone uitdryf, siekes genees, blindes
                                          laat sien, dowes laat hoor....).
                                          Ons word genoem, “kinders van God” Rom.
                                          8:15-17.
Maak ‘n litteken
Die besnydenis was die teken van God se verbond met Abraham. In die Nuwe Testament word
die besnydenis van die hart die teken van die verbond. Jer. 31:31-34, Eseg. 11:19-20, 36:25-
28, Heb. 8:8-12, Rom. 2:29, Kol. 2:11.


                                                           Jesus se verbryselde liggaam is
                                                           die litteken. Ons identifiseer met
                                                           Sy kruisiging en dood deur die
                                                           doop.
                                                           Rom. 6:6 Ons oue mens is saam
                                                           gekruisig sodat die liggaam van
                                                           die sonde tot niet gemaak sou
                                                           word & ons nie meer die sonde
                                                           sou dien nie
                                                           Gal. 2:20, 5:24, 6:14
                                                           Die Heilige Gees is die Seël van
                                                           verbond: Ef. 1:13, 4:30,
                                                           2 Kor. 1:22. God het ons verseel &
                                                           die Gees as onderpand in ons
                                                           harte gegee.
Voorwaardes

                                                Ons word volkome GEREGTIG: 2 Kor 5:21
Ons ontvang ‘n BETER verbond met beter
                                                God het Jesus wat geen sonde geken het
BELOFTES: Heb. 7:22 Jesus het die borg van ‘n
                                                nie, sonde vir ons gemaak sodat ons kan
beter verbond geword.
                                                word geregtigheid van God in Christus.
Daarom se God: As jy jou sondes belei, God
                                                God kom woon in ons. 2 Kor. 6:16-18.Ek sal
is getrou & regverdig om jou van alle
                                                in hulle woon & onder hulle wandel & Ek
ongeregtighede te reining
                                                sal hulle God wees & hulle sal vir My ‘n volk
                                                wees

                                                Ons ontvang GENESING: Matt. 8:17, 1 Pet.
                                                2:24.

                                                Ons ontvang VRYHEID: Joh. 8:31-36.

                                                My juk is lig
Maaltyd


          Net voor Jesus gekruisig is, het Hy
          Pasga gevier saam met die dissipels
          (Luk. 22:7, 15-20)

          Hy het by hierdie geleentheid die
          nagmaal ingestel. Dit is die maaltyd
          wat dui op die sluiting van die Nuwe
          Verbond. (Matt. 26:28, 1 Kor. 11:24,25)
Gedenksteen

   Die kruis is die gedenkpaal waaroor die bloed van Jesus uitgegiet was
Dit is die simbool dat God ‘n VERBOND met die ganse mensdom gesluit het

   Jesus het namens die mensdom hierdie verbond met God gesluit. . .


                                 Van die hemel se kant af is dit afgehandel. Ons
                                 het niks gedoen om dit te verdien nie. Ons hoef
                                 ook niks meer te doen om dit te verdien nie.

                                 Ons enigste aandeel is om dit te aanvaar om die
                                 voordele daarvan te kan ervaar.

                                 Deur aanspraak te maak op die verbond wat
                                 reeds vir ons gesluit is, kan ons in die volle
                                 voordeel van ons erfenis wandel.

Contenu connexe

Plus de meliscl

Dit is tyd om prys te gee
Dit is tyd om prys te geeDit is tyd om prys te gee
Dit is tyd om prys te geemeliscl
 
Verlossing van sonde
Verlossing van sondeVerlossing van sonde
Verlossing van sondemeliscl
 
Inwoners van egipte
Inwoners van egipteInwoners van egipte
Inwoners van egiptemeliscl
 
Wie dra jou straf
Wie dra jou strafWie dra jou straf
Wie dra jou strafmeliscl
 
Who pays the prize for your sins
Who pays the prize for your sinsWho pays the prize for your sins
Who pays the prize for your sinsmeliscl
 
What we belief
What we beliefWhat we belief
What we beliefmeliscl
 
The bloodcovenant... a covenant untill death
The bloodcovenant... a covenant untill deathThe bloodcovenant... a covenant untill death
The bloodcovenant... a covenant untill deathmeliscl
 
Die vaderhart van God
Die vaderhart van GodDie vaderhart van God
Die vaderhart van Godmeliscl
 
Skuil by my
Skuil by mySkuil by my
Skuil by mymeliscl
 
Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lamNie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lammeliscl
 
'N lewenslange verbintenis
'N lewenslange verbintenis'N lewenslange verbintenis
'N lewenslange verbintenismeliscl
 
'n Gomertjie manna
'n Gomertjie manna'n Gomertjie manna
'n Gomertjie mannameliscl
 
'n Bloedverbond tot die dood!
'n Bloedverbond tot die dood!'n Bloedverbond tot die dood!
'n Bloedverbond tot die dood!meliscl
 
Maak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodusMaak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodusmeliscl
 
God in jou midde
God in jou middeGod in jou midde
God in jou middemeliscl
 
Geestelik gereed
Geestelik gereedGeestelik gereed
Geestelik gereedmeliscl
 
Freedom through the cross
Freedom through the crossFreedom through the cross
Freedom through the crossmeliscl
 
Die verbondseremonie
Die verbondseremonieDie verbondseremonie
Die verbondseremoniemeliscl
 

Plus de meliscl (18)

Dit is tyd om prys te gee
Dit is tyd om prys te geeDit is tyd om prys te gee
Dit is tyd om prys te gee
 
Verlossing van sonde
Verlossing van sondeVerlossing van sonde
Verlossing van sonde
 
Inwoners van egipte
Inwoners van egipteInwoners van egipte
Inwoners van egipte
 
Wie dra jou straf
Wie dra jou strafWie dra jou straf
Wie dra jou straf
 
Who pays the prize for your sins
Who pays the prize for your sinsWho pays the prize for your sins
Who pays the prize for your sins
 
What we belief
What we beliefWhat we belief
What we belief
 
The bloodcovenant... a covenant untill death
The bloodcovenant... a covenant untill deathThe bloodcovenant... a covenant untill death
The bloodcovenant... a covenant untill death
 
Die vaderhart van God
Die vaderhart van GodDie vaderhart van God
Die vaderhart van God
 
Skuil by my
Skuil by mySkuil by my
Skuil by my
 
Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lamNie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
Nie die bloed van 'n vegter . . . maar die bloed van die lam
 
'N lewenslange verbintenis
'N lewenslange verbintenis'N lewenslange verbintenis
'N lewenslange verbintenis
 
'n Gomertjie manna
'n Gomertjie manna'n Gomertjie manna
'n Gomertjie manna
 
'n Bloedverbond tot die dood!
'n Bloedverbond tot die dood!'n Bloedverbond tot die dood!
'n Bloedverbond tot die dood!
 
Maak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodusMaak gereed die koning kom exodus
Maak gereed die koning kom exodus
 
God in jou midde
God in jou middeGod in jou midde
God in jou midde
 
Geestelik gereed
Geestelik gereedGeestelik gereed
Geestelik gereed
 
Freedom through the cross
Freedom through the crossFreedom through the cross
Freedom through the cross
 
Die verbondseremonie
Die verbondseremonieDie verbondseremonie
Die verbondseremonie
 

Verbond

  • 1. My alles vir jou . . .
  • 2. Die Bybel bestaan uit 2 dele: Die Ou Testament & die Nuwe Testament . . . “Testament” in Latyn is “Testamentum” In sy mees korrekte vorm, word dit met die woord “Verbond”vertaal Ons sou dus kon sê dat die Bybel bestaan uit die Ou Verbond & Nuwe Verbond “Verbond” in Hebreeus is “Berith” en in Grieks “Diatheke” Dit beteken letterlik: “om te sny”
  • 3. Die “sny” van ‘n bloedverbond behels dat daar bloedvloeiing plaasvind In die Skrif sien ons hoe God met beelde en gelykenisse iets uit die bekende of natuurlike wêreld neem, om later ‘n geestelike betekenis daaraan te koppel. . .
  • 4. Die Ou Testament is vir ons ‘n heenwysing na die nuwe Testament Dit verwys na die verlossingsplan wat God in gedagte gehad het. . . Om die volle betekenis van die nuwe verbond te verstaan, is dit nodig om in die Ou Testament te kyk hoe verbondsluiting plaasgevind het ‘n Baie goeie voorbeeld van ‘n bloedverbond uit die Ou Testament, was tussen Dawid en Jonatan Uit liefde vir mekaar het hulle ‘n lewenslange ooreenkoms met mekaar aangegaan Hiermee het hul beloof om nie net na mekaar om te sien nie, maar ook vir mekaar se nageslagte verantwoordelikheid te aanvaar - 1 Sameul 18
  • 5. Wat is ‘n Bloedverbond? ‘n Daad waardeur twee partye in ‘n lewenslange versoeningsooreenkoms met mekaar tree Hierdie beginsel van ooreenstemming het groot krag in die geestesrealm . . . Die Bloedverbond is die intiemste, Langdurigste, Ernstigste; en Heiligste van alle ooreenkomste op aarde . . . • Dit mag nooit verbreek word nie • Verbreking is strafbaar met die dood. . .
  • 6. In die Bybel se tyd het die sluiting van ‘n bloedverbond uit 9 stappe bestaan Nêrens in die Skrif word die 9 stappe in volgorde beskryf nie Ons vorm ‘n prentjie van die verloop van die proses deur na die verskillende voorbeelde van verbondsluiting in die Skrif te kyk . . .
  • 7. Die prosedure van die verbondsluiting soos in die Ou Testament Omruiling van die bo-kleed ‘n Persoon se bo-kleed verteenwoordig sy karakter en persoonlikheid Met die omruiling van die kleed, gee die persoon homself as waarborg dat hy met die ander persoon in ooreenkoms gaan. . . 1 Sam. 18:4 Daarby trek Jonatan sy mantel uit wat hy aangehad het & gee dit aan Dawid, ook sy klere, ja, selfs sy swaard & sy boog & sy gordel . . .
  • 8. Omruiling van gordel ‘n Persoon se wapens (dolk, boog en pyle, swaard) is aan sy gordel gedra Met uitruiling verseker hulle mekaar van hul sterkte en ondersteuning Hulle onderneem om mekaar te beskerm, sou een aangeval word 1 Sam. 20:8 en 15 Dawid se aan Jonathan (Koning Saul se seun): “Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het my met jou saam in ‘n verbond van die Here gebring: As daar by my ‘n misdaad is, maak jy my self dood, waarom tog sou jy my na jou vader bring? Jonathan aan Dawid: Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die Here jou vyande een vir een van die aarde af uitroei nie
  • 9. Sny die verbond 'n Dier word in 2 dele gesny en die 2 dele word soos ‘n spieëlbeeld teenoor mekaar gestel. . . Die 2 persone wat die verbond sny, stap tussen die dele deur . . . Hiermee sê die verbondspartye aan mekaar dat hulle geen reg op hul eie lewens meer het nie Hulle neem ‘n nuwe lewe van opoffering teenoor mekaar op. . . Indien die verbond verbreek word, kan daar met hulle gemaak word soos met die diere. . . Genesis 15 : 10 Abram het alles vir God gebring & dit middeldeur gedeel & die helftes teenoor mekaar gele . . .
  • 10. Meng van bloed Ewige trou word aan mekaar gesweer deur die regterhandpalm of polse te sny. . . Die bloed word gemeng. Omruil van name Twee partye ruil hul name om Hiermee ruil hulle hul outoriteit en reputasies uit Toe God met Abram ‘n verbond gesluit het, het Hy Abram se naam verander. . . Hy het Sy eie naam, Jehowa, by die naam van Abram gevoeg, wat toe Abraham geword het. . . God word genoem die God van Abraham, Isak en Jakob. . .
  • 11. Maak litteken Houtskool of as word in die wond ingevryf om ‘n permanente litteken te maak. Die littekens wat ‘n persoon dra maak dat hy ‘n gevreesde en gerespekteerde man is deur almal wat sy pad kruis Verbondsluiting is iets wat ‘n natuurlike instink by die mens is. Daar is nie een stam in die wêreld wat nie bloedverbonde ken of sluit nie God het ‘n verbond gesluit met Abraham en die besnydenis gegee as ‘n teken of seël (Rom. 4:11) van die verbond (Gen. 17). Voorwaardes Die voorwaardes van die verbond en wat dit behels, word uitgespel. Beide partye se bates en laste word uitgelees. . . Nadat Jonatan gesterf het, het Dawid hom, op grond van sy verbond met sy pa, Dawid, oor Mefiboset , seun van Jonathan ontferm. - - 1 Sam. 9
  • 12. Maaltyd Aan die einde van die verbondsluiting word daar brood en wyn saam geëet. Dit dien as simbool van hul deelname aan mekaar. . . Gedenksteen ‘n Gedenksteen word opgerig of ‘n boom word geplant Abraham het ‘n verbond gesluit met Abimeleg volgens Genesis 21:33, en ‘n tamarisk geplant Die bloed van die dier word dan daaroor gesprinkel . . .
  • 13. God sluit ‘n bloedverbond met die mens Met die sondeval het daar ‘n skeiding gekom tussen God en die mens In Genesis 3:15 het ons gesien dat God ‘n belofte maak dat Hy die verhouding weer sou herstel Op die pad van herstel, het God eers in ‘n vertrouensverhouding gekom met Abraham Hy het Abraham ‘n groot nageslag beloof In Gen. 15 het ons gelees hoe Abraham aan God vra hoe hy sou weet dat God al die beloftes sou nakom? God het Sy betroubaarheid bewys deur ‘n verbond met Abraham te sluit Hierdie verbondsluiting word in Genesis 15:9-18 beskryf
  • 14. God het egter met ‘n baie ongewone versoek na Abraham gekom Volgens Genesis 22:2 versoek God Abraham dat Isak geoffer moes word Abraham het in ‘n verbond gestaan met God Dit het geïmpliseer dat Abraham nie God se versoek kon weier nie Dit het verder behels dat alles wat Abraham aan sy verbondsvennoot moes gee, ook deur God gegee moes word . . . God het vir Abraham sy kosbaarste besitting gevra: sy enigste seun Volgens verbondsvoorwaardes het Abraham geweet dat dít wat God van hom sou vra, God self ook bereid was om te gee: Sy enigste Seun! Abraham se gehoorsaamheid aan God het dit vir God moontlik gemaak om Sy enigste seun te offer! Abraham het, namens die mensdom, aan God die reg gegee om Sy Seun te gee, sodat daar versoening tussen God en die mens bewerkstellig kon word. . .
  • 15. Abraham sou Isak offer op die berg Moria buite die ou stad Salem. . . Dit is op feitlik dieselfde plek waar Jesus ongeveer 2000 jaar later geoffer is. . . God het ‘n ram voorsien om in die plek van Isak geoffer te word. God het hier ‘n belangrike beginsel van plaasvervanging kom vestig: ‘n Dier is geoffer in die plek van iemand anders Die Israeliete wat vir 430 jaar in slawerny in Egipte was, het baie swaar gekry . . . En toe het hulle God herinner aan Sy verbond met hul voorvader Abraham: In daardie tyd het die koning van Egipte gesterwe & die kinders van Israel het gesug & geweeklaag vanwee die slawerny & God het hulle gekerm gehoor & God het gedink aan Sy verbond met Abraham, met Isak & met Jakob & God het hulle geken . . . Eksodus 2:23-24 Daarna het God Moses geroep om Sy volk uit te lei. . .
  • 16. God het Homself op wonderlike wyse aan die volk by die berg Sinaï geopenbaar (Eks. 19:18-20) Hy het aan die volk wette gegee (Eks.20-23) en weer ‘n verbond met die hulle gesluit Eks. 24:7-8 Saam met die gee van die wette, het God ook ‘n beeld van Sy volmaakte verlossingsplan aan hulle bekendgestel Hulle het in opdrag van God die tabernakel gebou, wat ‘n volmaakte heenwysing na Jeshua was. Jeshua is die Lam wat geoffer is om as versoening te dien tussen God en die mens. . . Jeshua het namens die mensdom die nuwe verbond met God kom sluit. Ons kan in elkeen van die 9 stappe van die verbond sien wat die voordele is wat hierdie volmaakte verbond vir ons inhou
  • 17. Nuwe verbond Omruil van klede Jes. 64:6 Ons het almal geword soos ‘n onreine & al ons geregtighede soos ‘n besoedelde kleed; ons het almal verdor soos blare & ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. Jesus het ons ongeregtighede soos ‘n besoedelde kleed op Hom geneem. Jes. 61:10 Ek is baie bly in die Here, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel soos ‘n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind & soos ‘n bruid wat haar versier met haar juwele Efe 4:22-23 Wat jul vorige lewenswandel betref, moet julle die oue mens afle, wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan. Word vernuwe in die gees van julle gemoed & beklee julle met die nuwe mens wat na God geskape is in ware geregtigheid & heiligheid. Kol 3:10 Le die oue mens met sy werke af & beklee jul met die nuwe mens wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper Ons beklee ons met die nuwe mens = geregtigheid en heiligheid (Kol. 3: 12-14, Gal. 3:27). Rom 13:14 = beklee met Jesus. Ons neem Sy natuur en karakter aan.
  • 18. Nuwe Verbond Omruil van gordels Ons ontvang Sy krag en sterkte. Efe 3:16-17 Dat God aan julle mag gee na die rykdom van Sy heerlikheid om met krag versterk te word deur Sy Gees in die innerlike mens; sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel & gegrond is Ons ontvang die krag van die Heilige Gees. Hand. 1:8. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom Ons ontvang die volle wapenrusting: Ef. 6. Eindelik my broeders, word kragtig in die Here & in die Krag van Sy sterkte.. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel Sny die verbond Jesus het die Lam geword (Joh. 1:29) wat geoffer is. Hy het ons oortredinge op Hom geneem. Jes. 53:4-5, Rom. 4:25, 1Pet. 2:24. Jesus het die verbond namens ons gesny. Hoe maak ons dit ons s’n? Deur geloof in Jesus. (Kol. 2:9-11).
  • 19. Meng die bloed Deur bloed te meng, word twee lewens een. Hulle neem mekaar se natuur aan. Wanneer ons tot die verbond toetree deur wedergeboorte, word ons kinders van God: Rom. 8:15-17 “...maar julle het ontvang die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader!. Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is, en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus...” As kinders van God, kan ons nou ons erfenis in Christus ervaar. Omruil van name Jesus noem ons Sy vriende. Joh. 15:14-15. Hy het ‘n Naam bo elke naam: Fil. 2:9-11. Jesus is verhewe bo elke mag en krag: Ef. 1:20- 23. Ons word aangemoedig om Sy Naam te gebruik: Joh. 14:13, 15:15-16. Ons ontvang Sý reputasie en outoriteit (Ons kan dus in Sy Naam storms stilmaak, berge skuif, demone uitdryf, siekes genees, blindes laat sien, dowes laat hoor....). Ons word genoem, “kinders van God” Rom. 8:15-17.
  • 20. Maak ‘n litteken Die besnydenis was die teken van God se verbond met Abraham. In die Nuwe Testament word die besnydenis van die hart die teken van die verbond. Jer. 31:31-34, Eseg. 11:19-20, 36:25- 28, Heb. 8:8-12, Rom. 2:29, Kol. 2:11. Jesus se verbryselde liggaam is die litteken. Ons identifiseer met Sy kruisiging en dood deur die doop. Rom. 6:6 Ons oue mens is saam gekruisig sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word & ons nie meer die sonde sou dien nie Gal. 2:20, 5:24, 6:14 Die Heilige Gees is die Seël van verbond: Ef. 1:13, 4:30, 2 Kor. 1:22. God het ons verseel & die Gees as onderpand in ons harte gegee.
  • 21. Voorwaardes Ons word volkome GEREGTIG: 2 Kor 5:21 Ons ontvang ‘n BETER verbond met beter God het Jesus wat geen sonde geken het BELOFTES: Heb. 7:22 Jesus het die borg van ‘n nie, sonde vir ons gemaak sodat ons kan beter verbond geword. word geregtigheid van God in Christus. Daarom se God: As jy jou sondes belei, God God kom woon in ons. 2 Kor. 6:16-18.Ek sal is getrou & regverdig om jou van alle in hulle woon & onder hulle wandel & Ek ongeregtighede te reining sal hulle God wees & hulle sal vir My ‘n volk wees Ons ontvang GENESING: Matt. 8:17, 1 Pet. 2:24. Ons ontvang VRYHEID: Joh. 8:31-36. My juk is lig
  • 22. Maaltyd Net voor Jesus gekruisig is, het Hy Pasga gevier saam met die dissipels (Luk. 22:7, 15-20) Hy het by hierdie geleentheid die nagmaal ingestel. Dit is die maaltyd wat dui op die sluiting van die Nuwe Verbond. (Matt. 26:28, 1 Kor. 11:24,25)
  • 23. Gedenksteen Die kruis is die gedenkpaal waaroor die bloed van Jesus uitgegiet was Dit is die simbool dat God ‘n VERBOND met die ganse mensdom gesluit het Jesus het namens die mensdom hierdie verbond met God gesluit. . . Van die hemel se kant af is dit afgehandel. Ons het niks gedoen om dit te verdien nie. Ons hoef ook niks meer te doen om dit te verdien nie. Ons enigste aandeel is om dit te aanvaar om die voordele daarvan te kan ervaar. Deur aanspraak te maak op die verbond wat reeds vir ons gesluit is, kan ons in die volle voordeel van ons erfenis wandel.